Buitemuurs

Buitemuurse aktiwiteite gee kinders die geleentheid om te groei buite die grense van akademie – of dit nou op die sportveld, die verhoog of in die musieklokaal is.

Ons werk saam met verskeie erkende, kindervriendelike diensverskaffers wat hulle passie en kundigheid gebruik om ons leerders op ’n veilige, stimulerende manier te begelei. Elke aktiwiteit sluit aan by ons waardes en word aangebied in ’n ruimte waar kinders kan deelneem sonder druk en floreer met vreugde.

Die volledige lys buitemuurse aktiwiteite sal deur die onderskeie aanbieders gekommunikeer word. Ouers sal direk by hulle kan inskryf of navraag doen.

Vennote

Coding and Robotics

Musiekwaardering:
Nansia Burger

Playball

Rugga Roots

Groente Tuin:
Schalk Theart

Dit is terapeuties om met plante in lewende grond te mag werk.

Ons tuinpraatjies gaan oor herlewingslandbou, omgewingsbewustheid en algehele
gesondheid. Die ongerepte natuur is noodsaaklik vir lewenskwaliteit, so ons leer
hoe om lewe in die grond óók te versorg, saam met die plante, —die plante wat
weer vir ons sorg.

As jy iets doen uit liefde eggo dit vir ewig

Houtwerk:
Tekioo Design & Technology

Wicket Cricket

Linda’s Kidi Gym

Shift Netball

Shift Netball bied ’n prettige, koesterende buitemuurse program waar kinders gespesialiseerde netbalvaardighede in ’n positiewe, energieke atmosfeer aanleer. Ons help jong spelers om in selfvertroue, koördinasie en spelvreugde te groei