Ons Bestuur

Ons bestuurspan is geroep, nie net aangestel nie. Beplanning, beleid en administrasie word gesien as geestelike dienswerk, want opvoeding is heilige grond.

Family Tree word gedra deur drie verweefde bestuurslae:

Die Direksie

As privaatskool het Family Tree ’n Direksie en nie ’n Beheerliggaam nie. Die Direksie dien as die hoogste gesagsliggaam van die skool en sien toe dat die kernfunksies en roeping van die skool met integriteit bestuur word.

Ons direksie bestaan uit leiers met geestelike volwassenheid, praktiese insig en ’n diep liefde vir kinders en opvoeding. Hulle help rigting gee aan die langtermynvisie van die akademie en dien as rentmeesters van die droom waarmee die Here hierdie skool begin het. Die direksie is verantwoordelik vir strategiese leiding, getrouheid aan die roeping en die integriteit van ons waardes.

Die DAGbestuur

Die Family Tree Dagbestuur is ’n professionele span wat verantwoordelik is vir die daaglikse bestuur, akademiese kwaliteit, operasionele funksionering en ouerverhoudings van die skool.
Jesus Christus, ons Rots en Bron is die VOORSITTER is van elke vergadering, elke gesprek en elke besluit.

Ons gemeenskap

Ons adviesraad is saamgestel uit ouers, onderwyskundiges en professionele vennote wat ons op verskeie terreine ondersteun – akademies, strategies en geestelik. Hulle bied waardevolle perspektief, terugvoer en mentorskap, sodat ons altyd leer, groei en bly luister na die Here se stem vir Family Tree. Die adviesraad help ons om verantwoordbaar, verbind en koersvas te bly.

By Family Tree is bestuur nie ’n geslote kring nie – dis ’n uitnodiging tot saamstap. Ouers, onderwysers en leiers vorm saam ’n gemeenskap wat God se droom vir kinders help uitleef.