Finansiële Beleid

By Family Tree Leadership Academy word ’n eenmalige REGISTRASIEFOOI  gehef wanneer ’n leerder vir die eerste keer by die skool ingeskryf word. Hierdie geld verseker die plek van die leerder en dek administrasiekoste soos dokumentasie, klasplasing en verwerking van die inskrywing. Die registrasiegeld is nie terugbetaalbaar nie, selfs al besluit ’n ouer om die leerder later af te trek.

Verder hef die skool ’n jaarlikse HERINSKRYWINGSFOOI om die leerder se plek vir die volgende jaar te verseker. Hierdie fooi is ook nie terugbetaalbaar nie. Registrasie- en herinskrywingsfooie vorm nie deel van die maandelikse skoolfooie en kwalifiseer nie vir afslag of korting nie. Betaling van hierdie fooie bevestig dat die ouer/voog die skool se finansiële beleid en reëls aanvaar.

  • Skoolfooie word oor 12 maande betaal (Januarie–Desember).
  • Fooie is vooraf betaalbaar op of voor die 7de van elke maand.

Ouers wat die volle jaar se skoolfooie vooruit wil betaal, kan aansoek doen vir ’n aantreklike korting.

Afslag vir ’n derde of meer kinders kan vooraf aangevra word.

  • Aanmanings word gestuur indien fooie nie op tyd betaal word nie.
  • Rekeninge wat 2 maande agterstallig is kan vir invordering verwys word.

Alhoewel al hoe meer skole oorskakel na debietorders, laat Family Tree ouers steeds toe om hul maandelikse skoolfooie elektronies te betaal. Indien ’n rekening egter twee maande agterstallig raak sal die ouer verplig word om voortaan per debietorder te betaal.

  • Beurse en Subsidies mag wel van tyd-tot-tyd beskikbaar word.
  • Ouers wat daarvoor wil aansoek doen, kan ’n skriftelike versoek by die skoolhoof indien

Indien ’n leerder die skool wil verlaat,word een volle kalendermaand se skriftelike kennisgewing vereis. Die kennisgewing begin eers op die 1ste dag van die maand ná ontvangs van die skriftelike kennisgewing. Indien geen kennisgewing gegee word nie, of indien ’n leerder sonder kennisgewing nie na die nuwe maand of nuwe kwartaal terugkeer nie, bly een maand se skoolfooie ten volle betaalbaar. Let asseblief daarop dat registrasie- en administrasiegeld nie terugbetaalbaar is nie. Kennisgewings vir kansellasies word nie in Desember aanvaar nie, aangesien dit die skool se jaarlikse finansiële en administratiewe prosesse ontwrig. Enige uitsonderings op hierdie bepalings – soos ernstige gesins- of mediese omstandighede – sal slegs oorweeg word op skriftelike versoek en met goedkeuring van die Bestuurshoof

Samevatting

  • 1 maand skriftelike kennisgewing
  • Geen Desember-kennisgewing
  • Registrasiegeld nie terugbetaalbaar
  • Volle maand fooie betaalbaar as kennisgewing nie gegee word nie
  • Uitsonderings net op skriftelike versoek en bestuur se goedkeuring