





Naskool by Family tree
’n Tuiste ná skool, nie net toesig nie.
Ons naskooldiens is veel meer as net ’n wagplek – dis ’n uitbreiding van die leeromgewing waar kinders ná skool kan rus, speel, leer en groei in ’n veilige, liefdevolle ruimte. Hier gaan dit nie oor besig hou nie – dit gaan oor balans, ondersteuning en verligting vir ouers én kinders.
Vir ouers wat werk, of wat weet hul kind het ná skool ’n veilige plek nodig om aan te pas, rustig te word en stadig af te skakel na die dag se stimulasie. Dis ook ideaal vir gesinne wat hou van ritme, ondersteuning en balans.
Veilige toesig tot 17:00
Kinders word versorg naskool, afhangend van hul graad en dagprogram. Die middag word gestruktureer met rus, speeltyd en geleenthede vir leer.
- Maandae tot Vrydae | 13:30 – 17:00
- Toesig begin direk ná die dagprogram eindig (verskil per graad)
- Kalender en sluitingsdatums word saam met die jaarprogram versprei
Ons help met huiswerk en leer kinders om verantwoordelikheid te neem vir hul werk – sonder om hulle te oorweldig. Ouers bly egter verantwoordelik om werk by die huis na te gaan.
Na ’n vol dag in die klas het kinders tyd nodig om te speel, kreatief te wees en hul energie op gesonde maniere te ontlaai. Aktiwiteite sluit buitespel, kuns, leeshoekies, legkaarte en kreatiewe ontspanning in.
Ouers is welkom om ’n gesonde peuselhappie in te pak, maar ons kan ook ’n middagete aanbied indien vooraf gereël.
Gebed, waardes en respek vorm deel van ons roetine. Kinders word op ’n sagte, liefdevolle manier herinner aan wie hulle in Christus is – selfs ná die skoolklok lui.
- Koste sluit toesig, huiswerkbegeleiding en toegang tot ontspanningsaktiwiteite in
- Etes is opsioneel teen ekstra koste
- Inskrywingsvorms en fooistruktuur beskikbaar by die kantoor of aanlyn via die inskrywingsblad
Family Tree bied tydens sekere vakansieweke vakansiesorg aan – ’n veilige, speelse omgewing waar kinders nie net versorg word nie, maar ook gesonde roetine, stimulasie en verhouding ervaar.
Vakansiesorg is bedoel vir ouers wat weens werksverpligtinge betroubare, liefdevolle toesig en versorging vir hul kinders benodig in ’n bekende omgewing.
- Aanbod gedurende uitgesoekte weke in lang skoolvakansies
- Datums word vroegtydig gekommunikeer via die jaarkalender of WhatsApp
- Dienste geskied op grond van minimum deelname per week
- 07:30 – 17:00 (voltyds)
- Deeltydse opsies mag beskikbaar wees indien vooraf gereël
- Temagebaseerde speeldae: kuns, natuur, kook, storietyd en eksperimente
- Buitespel en bewegingsaktiwiteite
- Rustiger stil tye vir lees, rus en kalm spel
- Daaglikse geloofswaardes en gebed bly deel van ons dag
- Kos-opsies of peuselhappies soos vooraf gereël
- Koste word per dag of week gehef
- Etes opsioneel teen ñ ekstra fooi
- Inskrywings en betalings vooraf gefinaliseer





