SOIL: Syllabus of Integrated Learning

’n Drievoudige raamwerk om leerders te vorm in kennis, karakter en leierskap.

By Family Tree glo ons dat kinders nie net leer wat om te dink nie, maar hoe om te dink, te leef en te lei. SOIL is ons geïntegreerde leerpad wat bestaan uit drie sterk bene:

1. iKnowThat
2. Dissipelskap
3. Leierskap

1. iKnowThat

iKnowThat glo dat leerders eksponensieel meer en vinniger leer deur self te doen en dink, veral as konsepte eers grootmotories ontdek word, dan konkreet getoets word en laastens abstrak toegepas word.

Die iKnowThat-kurrikulum is Christelike, CAPS-belynde, ontwikkelingsgerigte leermateriaal wat gebore is uit God se belofte in Jeremia 29:11:

“Ek weet wat Ek vir julle beplan… ’n toekoms vol hoop.”

Hieruit het die naam iKnowThat gevloei.

iKnowThat bestaan uit 2 hoofafdelings: Leermateriaal ontwikkeling en Assessering wat afsonderlik bestuur word deur ‘n kurrikulum argitek en ‘n SAQA geakkrediteerde assessor en moderator. Sedert 2003 is iKnowThat besig met kindervriendelike leermateriaal wat suksesvol in ‘n onafhanklike skool gebruik is, met die moderering deur die GDE is. WonderWoef is deel van die gedugte span wat wonder oor alles, vrae vra en saam jou kind leer.

  • CAPS-aangepas – iKT-kurrikulum voldoen aan die CAPS-vereistes, maar word op so ’n manier aangebied wat kinders werklik help verstaan, dink en ontwikkel. Dis nie “meer werk” nie — dis beter leer. Die volgorde van die inligting word, soos in wiskunde rond geskuif om ’n logiese volgorde te bied, byvoorbeeld breuke word in ’n geheel gedoen en nie bietjie in elke kwartaal nie.
  • Fondasie-boublokke met ʼn goue draad van ontwikkeling. Fondasie-boublokke word eers gelê voordat konsepte toegepas word. iKnowThat se materiaal is toekomsgerig – Gr R tot 6 lê die fondasie vir hoërskool, daarom word konsepte van matriek af teruggeskryf sodat jou kind selfversekerd graad 7 kan aanpak en suksesvol matriek kan voltooi.
  • iKnowThat se tale leermateriaal vir gr 3 tot 6 is enig in sy soort, wat kreatiewe skryf, poësie en prosa fondasie lê.

Die iKT-kurrikulum sluit die Marvelous Minds Thinking Tools™ metode in:
’n internasionaal erkende benadering wat kinders toerus met kritiese denk-vaardighede.

  • Met kalmte te leer

’n Oorweldigde kind kan nie dink nie.
Ons bou eerste emosionele veiligheid, sodat die brein ontvanklik is vir leer.

  • Sterk breinbane te vorm

Beweging, spel en konkreet werk vorm die fondament vir abstrakte konsepte.
Kinders leer doen, nie net sit en luister nie.

  • Begrip te bou – nie papegaai te leer nie

Ons meet groei volgens begrip, denke en vaardigheid — nie net punte nie.

  • Selfvertroue te ontwikkel

Wanneer ’n kind verstaan hoekom iets werk, voel hulle slim, bekwaam en vry van angs.

Goeie leermateriaal is Verstaanbaar:

Taalgebruik moet op jou kind se ouderdomsvlak wees, maar steeds jou kind bekendstel aan die vakterme, sodat jou kind ‘n vak-woordeskat kan ontwikkel.

iKnowThat begin altyd by die bekende en werk na die onbekende. So groei ‘n kind saam met die leer-materiaal en bou akademiese  self-vertroue.

Goeie leermateriaal is Inklusief:

Leermateriaal moenie aanneem dat ‘n kind reeds ‘n konsep behandel het in die vorige graad nie. Dit is belangrik om ‘n oorsig van die konsep te gee, voordat daarop uitgebrei word. iKnowThat leermateriaal bou die brug vanaf die vorige graad met hersiening. ‘n Konsep word in kleiner happies aangebied, sodat elke kind dit teen sy eie pas kan bemeester.

Goeie leermateriaal maak van kinders deelnemers:

Wanneer begin die leerproses? Nie eers voor ‘n toets of eksamen nie, maar die oomblik wanneer jou kind vir die eerste keer met die inligting begin werk. Goeie leermateriaal is meer as net ‘n inligtingsbron, dit help kinders om die inligting te verstaan en om afleidings te maak.
iKnowThat se leermateriaal stel jou kind instaat om self die belangrike feite te identifiseer. iKnowThat gebruik eksperimente, voubare inligtingstukke en dinktrappies om jou kind ‘n deelnemer te maak. Wanneer jou kind deelneem en self die inligting verwerk, prosesseer die brein dit na die langtermyn geheue. Jou kind leer dus om te dink oor wat gelees word en vergeet nie wat geleer is nie.

Goeie leermateriaal ontwikkel kritiese denke:

Leermateriaal moet vaardighede ontwikkel soos analiseer, sintiseer, evalueer en organiseer (net om ‘n paar vaardighede te noem.)

Goeie leermateriaal ondersteun ontwikkeling:

Leermateriaal moet jou kind se groot-motoriese, fyn-motoriese en emosionele ontwikkeling ondersteun.

Goeie leermateriaal het logiese volgorde:

Rondspring of onderbreking van onderwerpe skep verwarring. Ons brein verwerk inligting soos ‘n legkaart. Ons begin by die grootprentjie op die legkaartboks. Van die grootprentjie (Regterkant van die brein) breek ons die inligting op in kleiner stukkies – detail. Met die linkerkant van die brein bou ons met die detail weer die grootprentjie.

Goeie leermateriaal voorkom her-programmering:

Her-programmering is die verandering van ‘n aangeleerde konsep. Wanneer ons ʼn konsep vaslê moet dit reg wees sodat ons dit nie weer moet verander nie.

Goeie leermateriaal kweek goeie gewoontes:

Goeie akademiese gewoontes sluit in: Hoe om in ‘n skrif te skryf, hoe om nasorg te doen, hoe om die skryfproses te volg soos in matriek vereis word en die korrekte manier om ‘n wetenskaplike skets te teken. iKnowThat kweek goeie gewoontes.

2. Dissipelskap

“Faith comes by hearing, and hearing by the Word of God.” — Rom. 10:17

“Die Woord van God is lewend en kragtig… Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees, gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.” — Heb. 4:12

Ons dissipelskapkurrikulum vorm die geestelike kern van Family Tree.

Hier help ons kinders om met wysheid, waarheid en identiteit te leef — elke dag.

Ons fokus op vier pilare:

  1. Bybelse wêreldbeskouing

Kinders leer om die wêreld deur die lens van die Skrif te verstaan.

  1. Skrifmemorisering

God se Woord word deel van hul denke, taal en keuses.

  1. Karakterontwikkeling en waardes

Ons vorm gewoontes van die hart — liefde, dissipline, eerlikheid, vergifnis en dapperheid.

  1. Skrifintegrasie

Die Bybel word nie net ’n vak nie — dit word deel van alles wat ons doen.

As deel van die ‘The World Needs a Father’-beweging ontvang Gr. 7-leerders ’n spesiale jaarprogram wat fokus op:

  • Identiteit
  • Grense
  • Groepsdruk
  • Reinheid en liggaamswaardigheid
  • Verhoudinge
  • Waardes en keuses

Hier word hul oorgang na hoërskool geestelik en emosioneel versterk.

3. Leierskap

Ons vorm leiers van binne af na buite — karakter eerste. Leierskap is nie ’n titel nie, maar ’n lewenswyse.

Hoe lyk ons skool se leierskap?

Ons het ‘n LIT-Kids-span wat saamgestel is uit Gr.1-7 leerders.

“Leaders in training”

L: Life Long Learner

I: Intensional

T: Trendsetter

Ons leierskapprogram is gebou op die internasionaal erkende “7 Habits of Highly Effective People” van Stephen Covey, aangepas vir kinders.

1. Wees Pro-aktief

Ek neem verantwoordelikheid vir my keuses.

Hoe ons dit toepas:

Leerders leer dat hul reaksies ’n keuse is. Ons moedig probleemoplossing, volhoubaarheid en selfbeheersing aan.

2. Begin met die einde in gedagte

Ek leef met ñ doel, visie en rigting.

Hoe ons dit toepas:

Leerders stel doelwitte. Ons leer hulle om te dink oor die tipe mens/leier wat hulle wil wees – nie net wat hulle wil bereik nie.

3. Eerste dinge eerste

Ek kies wat waarde het, nie net wat lekker is nie.

Hoe ons dit toepas:

Ons leer leerders prioritiseer, tydsbestuur en selfdissipline. Hulle oefen om belangrike take te voltooi voordat hulle na minder belangrike aktiwiteite beweeg.

4. Dink Wen-Wen

Ek soek uitkomstes wat vir almal goed is.

Hoe ons dit toepas:

Ons kweek ’n gesindheid van oorvloed, verdraagsaamheid en respek. Leerders leer dat saam wen beter is as alleen wen.

5. Luister om te verstaan

Ek luister met my hart en my ore.

Hoe ons dit toepas:

Ons ontwikkel empatie, moedig leerders aan om aktief te luister, om gesonde kommunikasie te bevorder en hoe om konflik te hanteer.

Ek luister om te verstaan – nie om ñ argument te wen nie.

6. Spanwerk skep meer (Synergize)

Saam bereik ons meer.

Hoe ons dit toepas:

Leerders werk gereeld in groepe, leer elkeen se unieke sterkpunte ken en vind oplossings deur samewerking. Ons modelleer spanwerk in klasverband, sport en projekte.

7. Slyp die Saag (Sharpen the Saw)

Ek versterk my liggaam, gees, verstand en verhoudings.

Hoe ons dit toepas:

Ons moedig balans aan: tyd vir rus, beweging, kreatiwiteit, gebed en gesonde sosiale interaksie.

“We are raising world changers for Jesus – and therefore we equip them intentionally.

“The Journey”
’n Pa-wees reis saam met Family Tree

Pa- wees moet tel onder van die grootse voorregte wat ons as manne geniet. Dit bring egter geweldige verantwoordelikhede met dit saam,wat meeste van ons by tye alleen en onseker laat. By Family Tree is dit vir ons belangrik om pa’s in die vroeë jare van pa-wees te ondersteun. Daarom doen ons groot moeite om hulle op hierdie betekenisvolle reis by te staan.

“The Journey” is ’n reeks programme wat poog om op ’n deurlopende basis pa’s in die vroeë jare van hul vaderskap by te staan en aan te spoor.

Deur middel van kwartaallikse byeenkomste, blootstelling aan beproefde materiaal en die inbring van ervare rolmodelle, bou ons ondersteuningsgroepe vir jong pa’s. Mettertyd word hierdie groep ’n veilige plek waar manne mekaar aanmoedig, ervarings deel en mekaar ondersteun in die uitdagings van pa-wees. Die proses bou op tot in Graad 6 wanneer die fokus verskuif na spesiale kampe en buitelug-ervarings wat pa-seun en pa-dogter verhoudings verdiep—net voor die uitdagings van die tienerjare begin.

Die hoogtepunt van The Journey is die betekenisvolle Rite of Passage-geleentheid in die derde kwartaal: ’n unieke oomblik van oorgang, seën en bevestiging wat ’n sterk fondament vir die toekoms as jong volwassene wat wag.

Om hierdie proses end-uit te deurloop is vir baie pa’s een van die kosbaarste dele van hul Family Tree-ervaring. Sluit gerus by ons aan en word deel van hierdie belewenis!

Persoonlike getuienis –

“The Journey” is Family Tree se ondersteuningspad vir pa’s in die vroeë jare van pa-wees. Deur byeenkomste, rolmodelle, praktiese materiaal en later spesiale kampe, help ons pa’s om dieper, gesonder verhoudings met hul kinders te bou. Ek het dit self beleef met my seuns, Michau en Danny—dit het ons verhouding na ’n meer volwasse vlak geneem en vir ons die deur oopgemaak om saam die wonder van Christen-manwees te ontdek en met ander te deel.

– Danny de Wit